IN MEMORIAM: ALBERT VICTOR (BERT) VAN STEKELENBURG (31.03.1940 - 11.03.2003)

  • S. Thom Stellenbosch Universiteit
  • J.C. Zietsman Stellenbosch Universiteit

Abstract

Bert van Stekelenburg is op 11 Maart 2003 oorlede toe hy tydens een van sy ornitologiese ekspedisies tussen Antarktika en Patagonië suid van Chile oorboord geval het. Hy word oorleef deur twee broers in Nederland en ‘n suster in Frankryk. Bert is gebore in Eindhoven. In 1965 het hy as onderwyser begin om Klassieke te onderrig aan akademiese hoërskole in Nederland. Nadat hy vir ‘n tydperk in Rome navorsing gedoen het, het hy in 1971 ‘n DLitt et Phil in Klassieke Tale ontvang aan die Universiteit van Leiden met die proefskrif De Redevoeringen by Cassius Dio. Naas Nederlands, Afrikaans en Engels was hy ook Duits, Frans, Italiaans en Spaans magtig.
Published
2012-03-30
Section
In Memoriam