VAN KARNAK TOT KAKAMAS: DIE NALEEF VAN OU EGIPTE IN DIE SUID-AFRIKAANSE BOUKUNS

  • I. Cornelius Stellenbosch Universiteit

Abstract

Die doel van hierdie artikel is om ’n oorsig te gee van die naleef of nawerking van Ou Egiptiese motiewe in die Suid-Afrikaanse argitektuur en boukuns. Watter rol het die inspirasie van Ou Egiptiese style en motiewe gespeel? Die Egyptian Revival (Curl 1994) is bekend in Europa, die Verenigde Koninkryk, Australië (Merrillees 1990 en 1995) en die VSA (Carrott 1978), maar wat is die geval in Suid-Afrika? So ’n oorsig is nog nie na behore onderneem nie.
Published
2012-03-30
Section
Articles