ELEGIE EN SUMPOSION

  • W. J. Henderson Rand Afrikaans University

Abstract

1 Inleiding Die onlangse simposia oor die sumposion (Oxford 1984 en Ontario 1988) het opnuut die aandag gevestig op die belangrike rol wat hierdie instelling in die Griekse stadstaat gespee1 het. (Die referate van die Oxford-simposium is gepubliseer (Murray 1990), die van die Ontario-simposium (red. W J Slater) nog nie.) Daar is ook opnuut deur Bowie (1990:221-229) en RosIer (1990:230-227) betoog dat die sumposion die belangrikste plek was vir die voordrag, nie net van die liriek nie, maar ook van die e1egie. Veral Bowie het al in 'n vroeer artikel (1986:13-35) 'n sterk saak ten opsigte van die vroee Griekse elegie uitgemaak. Gedetailleerde analise van bepaalde gedigte, soos deur Latacz by geleentheid van die Ontario-simposium bepleit is (1990:244-254), het minder aandag geniet. Die huidige bydrae bou voort op ,n vroeer artikel (Henderson 1989: 174-180), en bespreek latere simpotiese elegiee om hulle aard en gehalte aan te toon, asook om hulle verband met die simposium uit te lig.
Published
2014-03-30
Section
Articles