BOT ANIESE LATYN AS 'N GROEIPUNT VIR DIE TAAL

  • L. F. Van Ryneveld Stellenbosch University

Abstract

Inleiding Moderne botaniese Latyn is 'n groeipunt vir die taal omdat die woordeskat. daarvan gedurig uitbrei, 'n groeipunt wat vir die vertaler van nuwe taksonomiese beskrywings uitdagings bied. Moderne wetenskaplike terminologie was aan in ooreenstemming met die groei van vakkennis. Dit vereis soms dat Latynse ekwivalente vir wetenskaplike terme geskep word.! 'n Aantal van my eie neologismes wat in die gang van sowat vyftien jaar se vertaalwerk vir taksonome in die Departemente Plantkunde en Mikrobiologie aan die Vrystaatse Universiteit geskep is, word kortliks bespreek. Die terme kom uit my artikel getiteld "An English-Latin glossary of some new words and phrases for botany and mycology" (Van Ryneveld 1997), waarin ek 'n alfabetiese lys gee van nuwe Engelse terme met my Latynse ekwivalente daarnaas. Daardie artikel is dus bedoel vir medevertalers wat moontlik voor dieselfde probleme te staan kan kom as ek. Wat hieronder volg, is nie 'n sistematiese en wetenskaplike uiteensetting van plantkundige Latyn me-die is reeds beskikbaar in Stearn 1995. Ek skets net van die metodes wat ek aangewend het om nuwe woorde te skep waar die woordeboeke nie kon help nie.
Published
2014-03-30
Section
Articles