STRUKTURERING AS TEGNIEK VAN MOTIEF-AANDUIDING IN AISKHULOS SE PERSE

  • Francois Saayman Universiteit van die Noorde

Abstract

In navorsing oor motiewe en temas in letterkundige werk is dit van groot waarde as die teks dit self deur een of ander tegniek aandui. Sodoende kan subjektiewe raaiwerk grootliks uitgeskakel word. In die Oresteia, byvoorbeeld, maak Aiskhulos op s6 'n manier van dubbelsinnigheid gebruik dat 'n woord se metaforiese betekenis in die onmiddellike konteks inpas, maar die letterlike betekenis 'n motief skep wat meewerk aan 'n tema. In Ag. 143 s~ die teks dat Artemis "aangenaam .teenoor die doudruppels (oppLKaAOtcTL) van sterk leeus" is. In die onmiddelike konteks verwys 'doudruppels' na 'kinders', maar die letterlike betekenis vorm deel van 'n tema van bloed wat vergiet word, en kulmineer in Agamemnon se bloed wat Klutaimnestra soos 'n 'reenbui' (1/;OtKa<>L) tref (Ag. 1390) (Saayman 1994:3). Maar in die Perse word so 'n sterk verskil tussen metaforiese en letterlike betekenis skynbaar nie dikwels gebruik nie. Wanneer dubbelsinnighede weI gebruik word, is dit baie meer 'gewoon', soos (Jovpw<; eers as 'ywerig' (73 en 137) en dan as 'oorywerig' (718 en 754), en OLXOP.OtL eers as 'weggaan', maar later as 'heengaan' /'omgekom'. Hierdie gewone tipe dubbelsinnigheid word egter nie baie gebruik nie. Die tegniek wat hoofsaaklik in die Perse gebruik word, is om woorde. deur middel van stilistiese strukturering uit te lig. Woorde kan semanties of met mekaar kontrasteer word, soos 7fpeUpeLOtIl ('ouderdom', rA) en lIioll ('jonk', r.13), of identifiseer word, soos BOpallWII ('paleis', rA) en pOt(1LAeL~ ('koninklik', r.8). Beide tipes word deur strukturele tegnieke aangedui. In hierdie artikel word gewys op die unieke strukturering van Perse 1-15, wat duidelik ten doel het om motiewe aan te dui.
Published
2014-03-30
Section
Articles