REDAKSIONEEL / EDITORIAL

  • J.C. Zietsman Redakteur / Editor

Abstract

Die tweejaarlikse kongres van die Klassieke Vereniging van Suid-Afrika wat in Januarie vanjaar by die Universiteit van die Witwatersrand gehou is, is bygewoon deur 90 afgevaardigdes - die grootste groep klassici en liethebbers van die klassieke wereld wat nog ooit vir 'n akademiese kongres in Suid-Afrika byeen was. Baie gepas het Dr. Gerrit Viljoen, 'n ere-President van die Vereniging wat na sy uittrede uit die politiek teruggekeer het na sy eerste iiefde, die opmerking gemaak dat, as so 'n groot groep oorwegend jeugdige ldassici wat oor so 'n omvattende verskeidenheid temas referate kom !ewer, die sterfbed van die Klassieke in Suid-Afrika verteenwoordig, hy graag ook by die opstanding teenwoordig sou wou wees!
Published
2014-03-30
Section
Editorial / Redaksioneel