REDAKSIONEEL

  • J.C. Thom Stellenbosch University

Abstract

In die Jig van die feit dat meer as 90% van die studente wat Grieks by Afrikaanse universiteite neem teologiese studente is, is dit nie verbasend dat 'n groot dee! van die voorgraadse kursusse aan die Nuwe Testament gewy word nie. Trouens, al die Grieks departemente by hierdie universiteite maak gebruik van 'n inleidende grammatika-kursus wat op die Nuwe Testament afgestem is; dit bring mee dat studente in die eerste jaar hoofsaaklik NuweTestamentiese Grieks lees. Selfs in die tweede en derde jaar maak die Nuwe Testament komponent minstens 50% van die totale Jeesbestek uit. Hierdie konsentrasie op die Nuwe Testament is heel verstaanbaar as in ag geneem word dat teologiese studente van die Afrikaanse kerke Grieks minstens tot op tweedejaarsvlak as verpligte kursus moet volg en dat sodanige studente dikwels weinig belangstelling vir die Griekse kultuur self het.
Published
2014-03-30
Section
Editorial / Redaksioneel