DIE DIGTER IN EN VAN DIE ECLOGAE

  • J. Swanepoel PU vir CHO

Abstract

INLEIDING Die vraag oor wat die poesie te doen het met die geskiedenis, oor hoe die verhouding tussen die w~reld van woorde en die w~reld van dade daar uitsien, is 'n probleem wat digters en denkers deur die eeue besig gehou het. Dit is 'n literatuur-filosofiese vraagstuk wat op die mees uiteenlopende wyses beantwoord kan word. Ek noem hier slegs twee ekstreme standpunte van die talryke moontlikhede. Die eerste is om 'n baie noue interaksie tussen die literatuur en die historiese, sosio-ekonomiese en politieke omstandighede waarin dit ontstaan het te poneer. Die ander uiterste is om die literatuur as iets a-histories te beskou, as iets in sigself geslote, tydloos en "universeel". 'n Interessante standpunt in hierdie verband- weliswaar as slotsin van 'n hoofstuk waarin daar op uitgebreide wyse ondersoek ingestel is na Vergilius se lewensomstandighede - is die van die bekende Vergilius-kenner W.F. Jackson-Knight (1966:98): "Of Vergil's life as a sequence of events in history there is not much to say, and all his work for which he lived forces itself into the sequence of the few external facts. His real history is mental, a sequence and a spatial pattern in the imagination." Hy neem dan die debatteerbare standpunt in dat 'n "direkte" benadering tot Vergilius se poesie, waarin die tekste op sigself bestudeer word, vee! meer belofte inhou.
Published
2014-03-30
Section
Articles