THUKIDIDES EN DIE GROOTHEID, DIE OORDEELSFOUTE EN DIE ONDERGANG VAN ATENE

  • D.A. Pauw Randse Afrikaanse Universiteit

Abstract

Die geskiedskrywer Thukidides beskryf die uitgerekte konflik tussen Atene en Sparta, 'n konflik wat na veel smarte en lyding uitloop op die neerlaag en ondergang van die eens magtige Atene. Hierdie tema is in sy wese dramaties want die elemente van drama is inherent teenwoordig: die konflik is daar, betsy tussen volke betsy tussen indiwidue; die verwikkeling is daar met die spanning en afwagting wa.at10e dit lei; daar is keerpunte, oordeelsfoute wat begaan word, onafwendbare dilemmas waarin karakters hul bevind; aangrypende gebeure word beskryf, tonele van patos wat die Ieser emosioneel ontroer; maar deurgaans verkry die beskrywing 'n algemeen geldige dimensie waardeur die mededeling van feite tot 'n universele en tydlose vlak verhef word, waardeur geskiedenis volgens Aristoteles die terrein van die poesie betree.2
Published
2014-03-30
Section
Articles