“O, DIE DONKIE IS ‘N WONDERLIKE DING!” DIE VOORSTELLING EN UITBEELDING VAN DIE DONKIE IN ENKELE KLASSIEKE, BYBELSE EN PATRISTIESE TEKSTE

  • J.P.K. Kritzinger Universiteit van Pretoria

Abstract

In Upington, voor die Kalahari-Oranjemuseum, is daar ‘n lewensgrootte brons standbeeld opgerig vir die donkie om die bydrae, wat hy gelewer het in die ontwikkeling van die Laer Oranjerivier-vallei, te gedenk. In 1986 is daar in die destydse Pietersburg voor die burgersentrum ook ‘n standbeeld vir die donkie opgerig om “dié miskende dier op ‘n tasbare wyse te vereer vir sy rol in die mynwese in die streek”.1 In Melbourne, Australië, is daar ook ‘n brons standbeeld, dié keer van ‘n soldaat en sy donkie, wat ‘n medesoldaat saam met hom op sy donkie vervoer. Dit is opgerig ter ere van ene John Simpson Kirkpatrick wat tydens die Slag van Gallipoli ‘n hele klomp gewonde makkers se lewens gered het, deur hulle op sy donkie na veiligheid te bring. In sy Vita Divi Augusti vertel Suetonius dat Augustus ook ‘n brons standbeeld opgerig het vir ‘n donkie en sy ruiter.2 In dié geval omdat die naam van die donkie, Nicon, en dié van sy ruiter, Eutychus, sy oorwinning in die Slag van Actium voorspel het. Indien ons na hierdie vier gevalle kyk, wat sommer heel lukraak gekies is, is ons lus om saam met Chris Blignaut te sing “O, die donkie is ‘n wonderlike ding”.
Published
2012-03-30
Section
Articles