CATULLUS EN KROG: GEBRUIK VAN 'N PERSONA AS METAFOOR VIR DIE KREATIEWE PROSES VAN SKRYF

  • M. Blanckenberg Stellenbosch University

Abstract

You died two thousand years ago, Catullus, Myriads since then have walked the earth you knew All their long lives and faded into nothing, And still across that waste men think of you.J C Squire: “To a Roman” (1923)1 Hierdie bespreking ondersoek die moontlikheid dat beide Gaius Valerius Catullus en Antjie Krog in hulle digkuns gebruik maak van 'n persona as metafoor vir die kreatiewe proses van skryf. Gedig c. 50 van Catullus word as voorbeeld gebruik waar die moontlikheid bestudeer word dat die Calvus in gedig c. 50 gebruik word as 'n metafoor vir die kreatiewe proses van skryf. Deur die bestudering van die betrokke gedig word die effek wat Calvus op Catullus uitoefen metafories vergelyk met die effek wat die kreatiewe proses op Catullus uitoefen.Volgens hierdie lesing van c. 50 konsentreer die digter-persona op sy ervaring van die kreatiewe proses as soortgelyk aan die ervaring van 'n liefdesverhouding. Die studie verken Catullus se gebruik van die Calvus persona in c. 50 as 'n poging van die digter om beide die emosionele en erotiese ervaring van digkuns te verwoord.In 'n soortgelyke ondersoek word Antjie Krog se gedig “die skryfproses, as sonnet” as 'n voorbeeld van moderne digkuns bespreek, waar (a) die man as metafoor gebruik word vir die proses van kreatiwiteit, en (b) voorbeelde van erotika gebruik word om die ervaring van die kreatiewe proses te verwoord.  Hierdie bespreking van die gedigte van beide 'n antieke en moderne digter plaas die kompleksiteit van Catullus se ervaring van die kreatiewe proses in perspektief ten opsigte van moderne digkuns. 
Published
2012-03-30
Section
Articles