IN MEMORIAM: HULDEBLYK AAN PROF C P T NAUDÉ (17.08.1912 - 10.08.2001)

D.M. Kriel

Abstract


Professor Naude is vanjaar op 10 Augustus oorlede - een week voordat hy sy nege-en-tagtigste verjaarsdag sou gevier het.
Hy het ‘n soliede loopbaan as klassikus gehad, eers as student en toe as dosent aan Wits; in 1955 promoveer hy onder prof Den Boer te Leiden met ‘n proefskrif oor Ammianus Marcellinus in die Lig van die Antieke Geskiedskrywing wat - al was dit in Afrikaans geskryf - internasionaal hoog aangeskryf is (en nog word). In 1963, toe hy reeds vier jaar lank senior lektor in Klassieke Tale by Unisa was, is hy bevorder tot professor - die eerste volwaardige professor in Antieke Geskiedenis in Suid-Afrika. Hy het ook die KVSA baie, baie jare lank in verskeie hoedanighede gedien, en hy en prof Gonin was lank die twee steunpilare van Acta Classica.

Full Text:

PDF


DOI: https://doi.org/10.7445/46-0-126

Refbacks

  • There are currently no refbacks.



ISSN 2079-2883 (online); ISSN 0303-1896 (print)

Powered by OJS and hosted by Stellenbosch University Library and Information Service since 2011.

http://akroterion.journals.ac.za/public/site/images/scholar/g3010_768

Disclaimer:

This journal is hosted by the SU LIS on request of the journal owner/editor. The SU LIS takes no responsibility for the content published within this journal, and disclaim all liability arising out of the use of or inability to use the information contained herein. We assume no responsibility, and shall not be liable for any breaches of agreement with other publishers/hosts.

SUNJournals Help