Die berispende stem. Vroeë Griekse jambiese poësie vertaal en toegelig.

  • F. Pauw Stellenbosch University

Abstract

W J Henderson, Die berispende stem. Vroeë Griekse jambiese poësie vertaal en toegelig. Johannesburg: Universiteit van Johannesburg 2011. Pp. XI, 188. ISBN 978-0-86970-709-8. Prys R100.Bill Henderson, Emeritusprofessor in die Departement Griekse en Latynse Studies aan die Universiteit van Johannesburg, het hom reeds as doyen van die oud- Griekse liriese digkuns in Suid-Afrika gevestig met talryke artikels en twee vorige boeke: Op Griekse lier (2004, oor die liriek), en Vir Griekse fluite (2009, oor die elegie). Hierdie derde werk (oor die jambiese poësie) voltooi die driedeling van die kortpoësie en span so die kroon op ’n leeftyd se werk. Jambiese poësie word gedefinieer as ‘hekelvers waarin individue of die gemeenskap se kwale, gedrag en dwaashede deur die digter ontbloot en ontleed word’ (p.VII). Soos in die geval van die twee verwante genres, word navorsers en vertalers voor die uitdaging van die fragmentariese aard van die oorgelewerde tekste gestel. Aangesien die Griekse liriek, in vergelyking met die drama en epos, miskien ietwat aan die agterspeen moes suig in terme nie net van algemene bekendheid nie maar ook van doseeraanbod, lewer die voltooiing van Henderson se trilogie ’n tydige bydrae om hierdie genre sy regmatige plek te help inneem.
Published
2012-03-30
Section
Book Reviews / Boek Resensies