ALEXANDER DIE GROTE SE LEËR EN DIE OORLOGSTRES-SINDROOM, 326 v.C.

  • L. Cilliers Universiteit van die Vrystaat
  • F. P. Retief Universiteit van die Vrystaat

Abstract

In die somer van 326 v.C. is Alexander die Grote se Asiatiese veroweringsveldtog van sewe jaar onverwags aan die bolope van die Indus-rivier gestuit – nie deur vyandelike aksie nie, maar deur die weiering van sy soldate om verder ooswaarts te trek. ’n Moontlike rede vir sulke drastiese optrede deur ’n leër wat hul koning tot op daardie stadium blindelings gevolg het, is dat erge oorlogstres kon ingetree het. Die oorlogstres-sindroom, soos vandag gedefineer, is goed nagevors, en in hierdie artikel word die moontlikheid ondersoek dat dit by bovermelde geleentheid ’n beslissende rol kon gespeel het. Sou dít dalk die verklaring kon wees vir hierdie dramatiese gebeurtenis waarin Alexander se droom van ’n ryk wat tot aan die einde van die wêreld strek, verpletter is – deur sy eie soldate?
Published
2014-03-30
Section
Articles