DIE RESEPSIE VAN ENKELE AFRIKAANSE OPVOERINGS VAN GRIEKSE TRAGEDIES

  • P. J. Conradie Stellenbosch University

Abstract

In die bree kader van navorsing oor die resepsie van die Griekse tragedie word al hoe meer aandag aan die geskiedenis van die opvoerings van Griekse tragedies gegee. 'n Groeiende aantal artike!s en selfs boeke oor hierdie onderwerp word gepubliseer, waaronder die monumentale werk van Helmuth Flashar (1991), Die Enszenierung der Antike. Dit is 'n teken van die tyd dat The Cambridge Companion to Greek tragedy (Easterling 1997) 'n spesiale hoofstuk bevat met die titel "Tragedy in performance, nineteenth and twentieth century productions", waarby 'n baie interessante bibliografie aangeheg is, met verskeie titels wat vermeld word as "forthcoming".
Published
2014-03-30
Section
Articles