DIS GRIEKS VIR MY DIE KLASSIEKE AS METAFOOR VIR DIE UNIVERSITEIT

  • J. C. Thom Stellenbosch University

Abstract

1 Inleiding Ek het lank gewik en geweeg oor 'n gepaste onderwerp vir hierdie intreerede.1 Die eenvoudigste sou wees om 'n tema te kies wat direk by my eie navorsing aansluit: dit sou dan 'n onderwerp wees wat ek in diepte ken en waaroor ek in alle beskeidenheid meen dat ek weI iets interessants aan u kon meedeel. Aan die anderkant is die voortbestaan van die Klassieke tans by verskeie universiteite in Suid-Afrika onder groot druk: ek het dit dus goedgedink om hierdie geleentheid te benut om saam met ute besin oor die rol en sin van die Klassieke in 'n nuwe Suid- Afrika op die vooraand van die derde millenium. Dit is egter vir my duidelik dat die uitdagings waarvoor die Klassieke te staan gekom het, nie beperk is tot hierdie dissipline nie; heelparty daarvan is eweneens van toepassing op die geesteswetenskappe in die algemeen, en inderdaad selfs ook op die universiteit, as akademiese instelling, in die geheel-vandaar die ietwat hubristiese subtitel van my rede.
Published
2014-03-30
Section
Articles