DIE PREPON-BEGINSEL IN DIE METAMORPHOSES VAN OVIDIUS

  • D. J. Coetzee Universiteit van die Oranje Vrystaat

Abstract

Ovidi Medea videtur mihi ostendere quantum lie vir praestare potuerit, si ingenio suo imperare quam indulgere induisset ... Die Medea van Ovidius toon myns insiens watter hoogtes daardie man kon bereik het as hy sy vindingrykheid kon beheer het eerder as om hom daarin te verlekker ... Quintilianus Inst. 10.1.98 Samevatting Die prepon-beginsel met sy gerigtheid vanuit verskeie hoeke op wat gepas is, veral op letterkundige gebied, het sterk geleef in die gees van die klassieke mens. In die tyd van Ovidius was daar reeds 'n soort tradisie in verband met wat as gepas beskou is in die onderskeie letterkundige genres. In hierdie artikel val die fokus op die Metamorphoses van Ovidius en word die vraag gestel of die outeur in hierdie verhalende gedig hom gehou het by die tradisionele prepon-beginsels.
Published
2014-03-30
Section
Articles