REDAKSIONEEL / EDITORIAL

  • J.C. Thom Redakteur / Editor

Abstract

Dit is met leedwese oor sy dood, maar nogtans met dankbaarheid oor sy groot bydrae tot die Klassieke in Suid-Afrika dat ons die nagedagtenis van prof Tot de Kock in hierdie uitgawe gedenk. Ons innige meegevoel gaan na sy familie. Ons moet eweneens met 'n gevoel van verlies berig dat nog 'n klassikus, prof Ursula Vogel, ons in die afgelope jaar ontval het. Prof Vogel sal veral onthou word vir haar jarelange onbaatsugtige en nougesette diens aan die Klassieke Vereniging van Suid- Afrika as redakteur van Acta Classica. Ons is dankbaar dat ons in hierdie uitgawe 'n artikel van prof DB Saddington waartoe sy ook 'n laaste bydrae gemaak het, kan plaas.
Published
2014-03-30
Section
Editorial / Redaksioneel