KLEANTES SE HIMNE AAN ZEUS

  • J. C. Thom Stelenbosch University

Abstract

Kleantes van Assos (ca. 310-230 v.C.) se Himne aan Zeus word allerwee as 'n besOndere dokument beskou. Vanuit 'n fllosofies-historiese perspektief is dit van groot waarde omdat dit die enigste vroeg-Stoisynse teks van beduidende lengte is wat min of meer in sy geheel behoue gebly het. Van groter interesse is egter die feit dat Kleantes oenskynlik in hierdie himne sy Stoisyns-fllosofiese denke met 'n opregte vroomheid kombineer (Wilamowitz-Moellendorff 1955:2.288). Ben geleerde noem die Himne trouens "een van die treffendste oorblyfsels van antieke vroomheid" (Festugiere [1949] 1983:311; verdere verwysings in Mansfeld 1979:130-131). S6 beskou is die Himne aan Zeus 'n belangrike illustrasie van die wyse waarop fllosofie in die Hellenistiese tyd die rol van 'n surrogaat-godsdiens begin vervul het (vgl Festugiere [1949] 1983:310-332; 1954:106-112).
Published
2014-03-30
Section
Articles