DIE LIBER PERISTEPHANON VAN PRUDENTIUS IN KONTEKS GEWAARDEER

  • Dirk Coetzee Universiteit van die Oranje-Vrystaat

Abstract

Fokkema & Kunne-Ibsch (1978: 136) neem 'n sikliese ontwikkeling waar in die benadering tot literare navorsing deur die eeue heen. Na die aanvanklike beklemtoning van die skrywer self en die historiese konteks waarin sy werk verskyn het, het die positiviste, volgens genoemde kenners, die historisiteit van die objek van ondersoek, naamlik die teks, op die voorgrond gestel. In hierdie proses is die skrywer self op die agtergrond geskuif. Die geesteswetenskaplike en intrinsieke benaderingswyses reageer skerp teen die positivisme en sien die teks as 'n a-historiese konstante waarop 'n a-historiese navorser reageer. Die Resepsie-estetika beklemtoon egter weer die noodsaaklikheid daarvan om literare werke in historiese konteks te bestudeer. Die strukturele semiotikus, Lotman, vereenselwig hom met hierdie herbeklemtoning van historisiteit in literare ondersoeke. Lotman plaas steeds die teks - in die kodering en dekodering daarvan - teen die sosiokulturele en sosio-historiese agtergrond daarvan, omda:t hy glo dat die uiteindelike betekenis van die teks onlosmaaklik aan sekere bepalende tekseksterne faktore verbonde is. Lotman (1972:404) vat sy sienswyse in di~ verband soos volg saam: "Jeder kiinstlerische Text kann seine soziale Funktion nur erfiillen, wenn in seinem zeitgenossisch~n Kollektiv eine iistetische Kommunikation vorhanden ist. Da eine Zeichenkommunikation nich nur einen Text, sondern auch Sprache erfordert, ist ein Kunstwerk fUr sich allein, ohne einen bestimmten Kultur-Kontext, ohne ein bestimmtes System von Kultur-Kodes vergleichbar, 'einer Grabinschrift in einer unbekannten Sprache'" (Pushkin).I
Published
2014-03-30
Section
Articles