HERODOTUS

  • G. Van W. Kruger

Abstract

Hierdie is een van die merkwaardigste boeke in Afrikaans wat in die onlangse verlede bekendgestel is. Herodotus (ong. 484-425 v.C.) was die heel eerste groot oud-Griekse prosais, in the Ioniese dialek. Deur Cicero (en andere) word hy tereg die "vader van die (Westerse) geskiedskrywing" genoem. En die vertaler in Afrikaans het, as vertaler van die Oud-Griekse werke, 'n ewe voortreflike rekord. Dit is juis vir Die vroue van Troje van Euripides, dat die Akademieprys vir Vertaalde Werk in 1948 ingestel is, en toe aan J.P.J. van Rensburg as eerste ontvanger daarvan toegeken is. Aanvanklik wou die Akademie die Hertzogprys aan Van Rensburg toeken, maar daar is toe wyslik besef dat dit nie 'n oorspronklike werk van Mm is nie! Daarna het J.P.J. van Rensburg herhaaldelik weer die Akademie se vertaalprys vir sy vertalings uit Grieks verower: 1963 (Antigone van Sophokles), 1965 (!lias en Odusseia van Homerus); en nou weer, amper 15 jaar m1sy dood, vir die vertaling van Herodotus se Geskiedenis, waaraan hy feitlik presies ses jaar lank vertaal het. Vir al die jare, sedert 1971, het die manuskrip ongepubliseer gele. En nou besit ons hierdie skat ook in Afrikaans.
Published
2014-03-30
Section
Varia Didactica