KLASSIEKE KULTUUR OP STELLENBOSCH

  • P.J. Conradie Stellenbosch University

Abstract

Terwyl die aantal studente in Grieks en Latyn afneem, is daar nog steeds by die breer publiek groot belangstelling in die beskawing van die Grieke en Romeine. P.W. Rose s~ tereg: "The field of classical literature and thought daily demonstrates its capacity to engage the lively intelligences of an extraordinary range of intellectuals who happen not to know Greek but are conscientious in their efforts to benefit from the works of those who do."' In hierdie behoefte moet voorsien word, ook ter wille van die oorlewing van die KIassieke, en daarom kry kursusse in KIassieke Kultuur al hoe meer aandag. Die opstel van sulke kursusse lewer heelwat probleme op en daarom kan dit baie vrugbaar wees om inligting oor die inhoud van sulke kursusse by Suid-Afrikaanse universiteite uit te ruil. In die Akroterion van Junie 1993 het M. Lambert 'n baie interessante uiteensetting gegee van die inrigting van die kursusse by Pietermaritzburg. In aansluiting daarby word hier iets meegedeel oor die wyse waarop hierdie vak op Stellenbosch ontwikkel het.
Published
2014-03-30
Section
Varia Didactica