Rasionalisasie en die oorlewing van die Klassieke in die Nuwe Suid-Afrika - Enkele Gedagtes

  • Louise Cilliers Voorsitter: Klassieke Vereniging van Suid-Afrika)

Abstract

Die val van die Romeinse Ryk in die Weste in die jaar 476 n.C. is vir baie eeue lank beskou as die grootste ramp wat die mensdom nog getref het.l Retrospektiewelik beskou besef 'n mens egter dat dit 'n noodsaaklike fase in die verloop van die geskiedenis was, en dat dit ook positiewe gevolge gehad het. Die absolute despotisme van die laat Keiserryk het politieke ontwikkeling totaal versmoor, en lank voor die val van die Ryk vind ons reeds op politieke, kulturele en ekonomiese gebiede 'n steriele en verstarde uitkyk op sake. Met die oorname van die Wes-Romeinse Ryk deur die barbare is hierdie wurggreep verbreek, en m1 die Middeleeue kon denkers met entoesiasme weer op die goeie fondamente van die Klassieke beskawing bou sonder dat hulle ingeperk was binne die mure van 'n eietydse kultuur.
Published
2014-03-30
Section
Editorial / Redaksioneel