DIE HERONTDEKKING VAN DIE KLASSIEKE LETTERKUNDE GEDURENDE DIE RENAISSANCE
Abstract
Die oorlewingsgeskiedenis van Griekse en Latynse tekste is een van enorme verliese en wonderbaarlike reddingsdade oor twee-en-'n-half duisend jaar. Geen of swak skryfmateriaal, geen of gebrekkige biblioteke, oorloe, brand, verrotting, verwaarlosing en diefstal het alma! 'n aandeel gehad in die verlies van die grootste gedeelte van die Grieke en Romeine se letterkundige produksie. Geleerdes en nie-so-geleerdes, aristokrate, regeerders, monnike en pouse het weer met die nodige kennis, entoesiasme, toewyding en belangstelling heelwat gered wat andersins verlore sou gegaan het. Gewilde outeurs, wie se werke ten spyte van hulle nie-Christelike inhoud en gees in die opvoedkundige program aanvaarbaar was, was seker nooit in gevaar nie. Maar meer as een Klassieke werk het tot die uitvinding van die boekdrukpers op grond van net een manuskrip oorleef wat dan daarna verlore gegaan het (Reynolds-Wilson 1968:86, 116; Sweeney 1971 :35).Authors who publish with this journal agree to the following terms:
- Authors retain copyright and grant the journal right of first publication with the work simultaneously licensed under a Creative Commons Attribution License (BY-NC-ND 4.0) that allows others to share the work with an acknowledgement of the work's authorship and initial publication in this journal.
- Authors are able to enter into separate, additional contractual arrangements for the non-exclusive distribution of the journal's published version of the work (e.g., post it to an institutional repository or publish it in a book), with an acknowledgement of its initial publication in this journal.
- Authors are permitted and encouraged to post their work online (e.g., in institutional repositories or on their website) prior to and during the submission process, as it can lead to productive exchanges, as well as earlier and greater citation of published work (See The Effect of Open Access).