DIE HERONTDEKKING VAN DIE KLASSIEKE LETTERKUNDE GEDURENDE DIE RENAISSANCE

  • W .J. Henderson Randse Afrikaanse U niversiteit

Abstract

Die oorlewingsgeskiedenis van Griekse en Latynse tekste is een van enorme verliese en wonderbaarlike reddingsdade oor twee-en-'n-half duisend jaar. Geen of swak skryfmateriaal, geen of gebrekkige biblioteke, oorloe, brand, verrotting, verwaarlosing en diefstal het alma! 'n aandeel gehad in die verlies van die grootste gedeelte van die Grieke en Romeine se letterkundige produksie. Geleerdes en nie-so-geleerdes, aristokrate, regeerders, monnike en pouse het weer met die nodige kennis, entoesiasme, toewyding en belangstelling heelwat gered wat andersins verlore sou gegaan het. Gewilde outeurs, wie se werke ten spyte van hulle nie-Christelike inhoud en gees in die opvoedkundige program aanvaarbaar was, was seker nooit in gevaar nie. Maar meer as een Klassieke werk het tot die uitvinding van die boekdrukpers op grond van net een manuskrip oorleef wat dan daarna verlore gegaan het (Reynolds-Wilson 1968:86, 116; Sweeney 1971 :35).
Published
2014-03-30
Section
Articles