RINGSKOMPOSISIONELE UITLIGTING VAN DIE KRATOS-TEMA IN AISKHULOS SE DANAIDE-TRILOGIE

  • F. Saayman

Abstract

In Aiskhulos se werke is die koorsange nog tot 'n groot mate sleutels tot die interpretasie van die totale drama of trilogie, vanwee sy nabyheid aan die liriese vorm van tragedie. Die Kparo~-motief figureer sterk in die koorsange van reels 418-437 en 524-599, van die Hiketides, wat beide ringkomposisies is. Die ontwikkeling van teksanalise het verreikende vernuwing in die beskrywingswyse en interpretasie van ringkomposisies veroorsaak. Verder word aan die hand van die retoriese figuur van ringkomposisie, betoog dat in terme van die Russiese Formalisme en die daaropvolgende Praagse Funksionalisme, die wyse waarop die Kparo~-tema in die ringkomposisie van reels 418-437 aangewend word, duidelik daarop dui dat ironie 'n groot rol speel. Gevolglik is dit moontlik om met groter metodologiese sekerheid die rol van die Kparo~-tema op die intrige-vlak te ondersoek, en die lyn deur te trek na die hele trilogie. Die tweede en derde dramas van die trilogie is weliswaar verlore, maar die rekonstruksies wat op grond van die enkele fragmente gemaak is, kan verder ontwikkel word deur die nodige onderskeid tussen verhaal en intrige to
Published
2014-03-30
Section
Articles