DIE DRIETALIGE INSKRIPSIE VAN GALLUS (29 V.C.) TE PHILAE AS CASUS BELLI

  • B. Hendrickx Randse Afrikaanse Universiteit

Abstract

Na die dood van Kleopatra in 30 v.C. word Egipte 'n Romeinse provinsie met C. Cornelius Gallus as eerste praefectus. Dieselfde jaar nog moet hierdie goewerneur 'n opstand in Bo-Egipte (die Theba'is) onderdruk, en vroeg in 29 v.C. het hy aandag aan die suidelike grens van Egipte geskenk. In April van daardie jaar het hy dan ook 'n drietalige inskripsie (Grieks, Latyn, hierogliewe)t op 'n stele voor die tempel van Augustus te Philae aangebring. In die teks verwys Gallus na die onderdrukking van die opstand in die Theba'is, na 'n vredesverdrag met die Meroiete ("Ethiopiers" in die teks) en na die vestiging van die Romeinse gesag oor die sogenaamde Triakontaschoenos.
Published
2014-03-30
Section
Articles