DIE OORLEWING VAN DIE KLASSIEKE LETTERKUNDE GEDURENDE DIE MIDDELEEUE DEEL 1 : DIE LATYNSE WESTE

  • W.J. Henderson Randse Afrikaanse Universiteit

Abstract

Gedurende die Middeleeue beleef Europa sy grootste politieke en kulturele ontwrigting, en konfronteer die Grieks-Romeinse kultuurerfenis sy donkerste tyd. 'n Groot gedeelte van die Grieks-Romeinse patrimonium bet verlore gegaan. Die term "middeleeue" is juis deur die humaniste van die Renaissance gekies om die (in bulle oe) kulturele insinking tussen die Klassieke Oudheid en bulle eie tyd te tipeer (Keen 1971:11). En tog dateer die meeste van die behoue Griekse werke en sowat die helfte van behoue Latynse werke uit die 9de en lOde eeu, en was die periode as geheel krities vir die voortbestaan van talle antieke werke. Boeke wat die Middeleeue oorleef het, het 'n veiliger reis na die Renaissance gehad.
Published
2014-03-30
Section
Articles