’N HERBESKOUING VAN GAIUS (CALIGULA)
Abstract
Gaius Iulius Caesar Germanicus Augustus (Caligula) is in antieke tye beskryf as ’n despotiese keiser wie se wreedheid, megalomania en onvoorspelbaarheid toegeskryf is aan kranksinnigheid. Tydens die afgelope eeu het navorsers soos Willrich (1903), Balsdon (1934) en Barrett (1989) na grondige herevaluasie van alle inligting egter tot die gevolgtrekking gekom het dat Caligula se beeld erg verwring is deur antagonistiese geskiedskrywers, dat hy vir sy tyd tog redelik opgetree het, en sekerlik nie as sielsiek beskou kan word nie. Katz (1972) stel ’n diagnose van tirotoksikose voor, en Benediktson (1989) meen dat die simptome op ’n variant van temporale kwab epilepsie dui. Lucas (1967) meen hy was ’n psigopaat en Jerome (1923) vermoed alkoholisme as deel-patologie. Heel onlangs egter publiseer Ferril (1991) weer die mening dat Caligula inderdaad kranksinnig (psigoties) was. Omdat van hierdie outeurs in hul beoordelings redelik arbitrêr en vaag handel met definisies van psigose (kranksinnigheid) en hul onderskeiding van neurose, poog ons in hierdie studie om so wetenskaplik moontlik die getuienis van 2 000 jaar gelede diagnosties te verwerk.Authors who publish with this journal agree to the following terms:
- Authors retain copyright and grant the journal right of first publication with the work simultaneously licensed under a Creative Commons Attribution License (BY-NC-ND 4.0) that allows others to share the work with an acknowledgement of the work's authorship and initial publication in this journal.
- Authors are able to enter into separate, additional contractual arrangements for the non-exclusive distribution of the journal's published version of the work (e.g., post it to an institutional repository or publish it in a book), with an acknowledgement of its initial publication in this journal.
- Authors are permitted and encouraged to post their work online (e.g., in institutional repositories or on their website) prior to and during the submission process, as it can lead to productive exchanges, as well as earlier and greater citation of published work (See The Effect of Open Access).